top of page

PLASINGS

Ons kan nie wag nie! Ons hoop julle is saam met ons opgewonde! Kaartjies beskikbaar by  www.klubmonties.org/kalender  of die skool se Karri app Hekke open om 13:00 Voetgangers ingang by die hoofhek in Sesdeweg, Dr. Swanepoelstraat en Springbokvlakte Beperkte veilige parkering binne die skool @ R50 - ingang in Dr. Swanepoelstraat en Sesdeweg Beperkte kaartjies te koop by die hek - SLEGS KAARTFASILITEIT Bring eie koelerboks @ R150 Geen GLAS  glase of bottels - slegs plastiek. Glas gaan NIE op die skoolterrein toegelaat word NIE Bring eie stoele Geen gazebo's Geen kos mag ingebring word nie Verskeidenheid stalletjies met heerlike eetgoed en ander oulike items Vermaak vir jonk en oud

ALLES WAT JY MOET WEET! #MontieMAKIETIE

ALLES WAT JY MOET WEET

Read More
Witbulle 1990. Die witbul legende is gebore iewers op die pad tussen Queenstown en Oos Londen.  Die eerste span van Montana het van nou af bekend gestaan as die Witbulle. Inligting verkry van Willem de Villiers (Klub Voorstitter en oud Monties Witbul speler) Witbul Alumni Facebook groep   Witbul Legende Gedurende die April vakansie van 1990, het die 1ste Rugbyspan ‘n toer onderneem na Oos-Londen. Daar was ‘n gevoel van afwagting en optimisme a.g.v ‘n groep talentvolle spelers en twee jong afrigters genaamd Pieter Fasen en Nick Mentz. Dit was gou duidelik dat ‘n nuwe era in Montie rugby aangebreek het! Een van die Montie ouers het ‘n luukse bus vir die toer beskikbaar gestel, toegerus met lugversorging, TV’s en toilet geriewe. (Ons het soos Springbokke gevoel om in sulke luuksheid te reis en dit was voorwaar ‘n voorreg.) Die bestuurder van die bus was ‘n besonderse “swartman” genaamd David. ‘n Nederige man van min woorde met ‘n besonderse talent om ‘n groot bus met ongelooflike kalmte en gemak in enige situasie te bestuur. Gesien in die politieke klimaat van die tyd, was Dawid baie gou geliefd en gesien as ‘n belangrike deel van die Montie toerspan. Ons was in die tyd waar die land polities baie verander het, maar as ‘n groep jong rugby spelers, was ons op daardie stadium nie regtig bewus van die ander dinge wat in die land aangegaan het nie. Die eeste stop op die toer was Aliwal-Noord, waar ons by die plaaslike warm bron vakansie oord tuisgegaan het. Swart mense was op daardie stadium nie toegelaat om in die vakansie oord tuis te gaan nie en David het toe in die hotel op die dorp tuisgegaan. Die Saterdag speel ons die eerste wedstryd teen Aliwal-Noord Gekombineerde Skool. Die hoërskool het bestaan uit 165 leerlinge waar net minder as die helfte seuns was. Montana was ‘n skool met 800 kinders waar omtrent 350 seuns was, Aliwal-Noord was dus ‘n “kleinskooltjie”. Die dorp het basies “toegemaak” en almal was by die dorp se veld om die plaaslike span te ondersteun! Dit was ‘n donker dag in Montie rugby geskiedenis met die eerste span wat seker die swakste vertoning ooit gelewer het.  Die opponente van Aliwal-Noord het daarinteen puik rugby gespeel en wen die wedstryd oortuigend!. Na die wedstryd is die afrigters soos ouder gewoonte onthaal deur die opponente.  Om verder sout in die wonde te vryf het hulle laat blyk dat hulle twee vleuls na die SA atletiek kampioenskappe is en dus nie eers kon speel nie. Tydens die gesprek maak hulle dit ook duidelik dat die span van Hangklip in Queenstown die eintlike span is om te klop in die Noord-Oos Kaap. Die afrigters was uiter aard van die saak nie vol van die lag nie en redelik nukkerig met die vertoning van die span.  Later die middag is ons terug na dieselfde veld vir wat ons geglo het sou ‘n ligte oefening wees met ons stywe en seer lywe.  Daardie Saterdag middag kry die span toe die tipe fiksheid sessie wat niemand nog voorheen beleef het nie. Die afrigters het duidelik die streep in die sand getrek, en daar was meer as een speler wat na die episode nooit weer eerste span rugby gespeel het nie. David, ons bus bestuurder, het van ‘n afstand af die petalje dopgehou en was duidelik verstom oor die fisike aard van die oefeninge. Die Sondag oggend was ons kerk toe met seer en baie stywe lywe en dit was nogal ‘n beproewing.  Elkeen het tyd gehad om lank en hard na te dink oor die vorige dag se vertoning. Die wedstryd teen Hangklip op Queenstown was geskeduleer vir die Maandag 12:00.  Soos ouder gewoonte was die hele kontrei daar om die plaaslike span te ondersteun. Die skool het die paviljoen vol gesit en daar was tot ‘n rasie leier geklee in ‘n manelpak wat die skare op die punte van hulle stoele gehad het! Ons as Monties was goed geintimedeer, na die verloor teen die ongerekende Aliwal-Noord, was almal benoud om teen Hangklip te speel wat baie hoog geag was. Die wedstryd het maar gesukkel om aan die gang te kom en die wedstryd was baie gelykop. Montana het egter die tweede helfte in rat gekom en klop die sterk span van Hangklip oortuigend. Na die wedstryd het ons die pad van Queenstown na Oos Londen aangepak. Die gees was goed in die bus die manne het lekker geeët en die lewe was mooi. ‘n Toerreëling was dat almal met “Tekkies” moes bus ry. Die afrigters se verduideliking hiervoor was dat ‘n groep seuns in ‘n bus baie energie het en een manier om hulle rustig te maak is om ‘n draffie in te werk van tyd tot tyd. Na die skitter vertoning vroeer die dag was al die spelers onstpanne en in ‘n goeie luim en draf die laaste ding in ons gedagtes. Iewers op die pad na Oos Londen, stop die bus skielik en tot ons verbasing aan die voet van een van die grootste bulte in die Oos-Kaap. Die afrigeters se verduideliking was dat omdat ons so goed gespeel het ons een bult vir spangees moet doen. Om ‘n lang storie kort te maak, is ons toe heelparty kere teen die bult op en af met die gevolg dat van die ouens by die bus aangekom het sonder hul middagete. David het die episode op sy stil manier van ‘n afstand af dopgehou in ogeloof oor wat voor hom gebeur. Toe ons op die ou end op die bus klim en rusig raak het hy op sy beskeie manier die opmerking gemaak dat ons nou nie meer seuntjies is nie maar “bulle”! Die opmerking het ‘n diep indruk op ons gemaak en met die tyd het die “bulle” verander in “witbulle” a.g.v. die kleur van die eerste span trui. Sonder dat die spelers of afrigters dit agtergekom het is die “Witbul” legende gebore en het die trotse Montie tradiesie gestalte gekry.  Deur die jare is die legende uitgebou soos op die toer in 1996 na Kaapstad waar al die seuns hul hare wit gekleur het. Toe die kaptein gevra is wat die rede was vir die wit hare was sy antwoorde eenvoudig, “ons is mos Witbulle”. Na die toer het die manne weer hulle hare af gesny omdat dit nie by die skool toegelaat sou word nie. Verskeie tradiesies het deur die jare onstaan en in 2015 sal die “Witbul” amptelik 25 jaar oud wees. Die witbul kreet wat slegs gedoen word nadat die span gewen het, bestaan ook reeds van die vroeë negentigs.  In 1998 is die unieke bulletjie ontwerp op die trui aangebring en vanaf 2000 dra die eerste span die unieke bottelgroen dasse met die bulletjie embleem daarop.  Deur die jare is die tradiesie ook gevestig dat die span in die voorseisoen met ‘n ander trui speel en eers in die tradisionele wit trui speel as die span gevestig is.

Witbul Legende

Die witbul legende is gebore iewers op die pad tussen Queenstown en Oos Londen

Read More
' n Gebruiker profiel aanmelding  word vereis om 'n veilige, persoonlike en naatlose  ervaring vir gebruikers te verseker. Dit is vir jou veiligheid! Hier is hoekom  dit voordelig is, met klem op veiligheid en kuber sekuriteit: Beskerming van Jou Persoonlike Data 
 Deur aan te meld met 'n profiel, word jou persoonlike inligting, betalings besonderhede en aktiwiteit veilig gestoor. Sonder 'n rekening kan jou data kwesbaar wees vir ongemagtigde toegang of verlies. Veilige Toegang en Bedrog voorkoming Verifikasie & Identiteit kontrole : Jou profiel vereis aanmeld bewyse wat ongemagtigde toegang voorkom. Meervoudige Faktor Verifikasie (MFA) : Sommige platforms ondersteun ekstra sekuriteit funksies teen kuberkrakers. Verminderde Risiko van Bedrog : Sonder ‘n rekening kan kuber misdadigers makliker gebruikers naboots, maar 'n profiel-gebaseerde verifikasie help om identiteit diefstal te voorkom. Veilige Aanlyn Transaksies As jy betalings maak (bv. vir kaartjies of alumni-lidmaatskap), verseker ‘n profiel dat: Versleutelde Transaksies : Betalings besonderhede word veilig gestoor volgens PCI DSS-standaarde . Koop Geskiedenis Nasporing : Jy kan jou transaksies nagaan en ongemagtigde heffings identifiseer. Veilige Terugbetalings & Ondersteuning : As ‘n probleem ontstaan, kan kliëntediens jou identiteit verifieer voordat terugbetalings of navrae verwerk word. Voorkoming van Ongemagtigde Aktiwiteite Digitale Lidmaatskapskaart Sekuriteit : Jou lidmaatskapskaart is aan jou profiel gekoppel, wat misbruik voorkom. Toegangsbeheer : Slegs geverifieerde lede kan sekere bladsye, eksklusiewe inhoud of privaat geleenthede besoek. Sessie Bestuur : As verdagte aktiwiteit opgespoor word, kan jou rekening gesluit word om ‘n sekuriteit breuk te voorkom. ‘n Gepersonaliseerde en Veiliger Ervaring 'n Profiel laat die stelsel toe om jou te herken en bied: Pasgemaakte sekuriteit instellings : Ontvang waarskuwings vir ongewone aktiwiteite. Privaatheid kontroles : Bepaal watter inligting jy deel en met wie. Persoonlike Kommunikasie : Kry belangrike opdaterings, geleentheid besonderhede en sekuriteit kennisgewings. Gevolgtrekking Die vereiste om 'n Klub Monties profiel te skep, gaan nie net oor gemak nie—dit is 'n kritieke kuber sekuriteitsmaatreël . Dit verseker veilige toegang, veilige transaksies, voorkoming van bedrog en beheer oor sensitiewe funksies . Deur ‘n rekening te skep, beskerm gebruikers hul identiteit, betalings en persoonlike data teen kuber bedreigings.

Waarom 'n Gebruiker Moet Aanmeld met 'n profiel: Veiligheid en Kubersekuriteit

' n Gebruiker profiel aanmelding  word vereis om 'n veilige, persoonlike en naatlose  ervaring vir gebruikers te verseker. Dit is vir jou...

Read More
Wix Spaces Toepassing Klub Monties Toepassing in Wix Spaces Ontvang die Uitnodiging Kode (Invitation Code) Jy sal ’n Uitnodiging Kode  per e-pos ontvang of van ’n lid kry. Hierdie kode gee jou toegang tot die Klub Monties se privaat ruimte in die Wix Spaces  toepassin g. Laai die Wix Spaces toepassing af Vir Android-gebruikers: Maak die Google Play Store  oop. Soek vir Wix Spaces . Tik op Installeer ( Install ) en wag totdat die toepassing afgelaai en geïnstalleer is. Vir iOS-gebruikers (Apple): Maak die App Store  oop. Soek vir Wix Spaces . Tik op Kry  ( Get ) en wag totdat die toepassing afgelaai en geïnstalleer is. Meld aan of registreer op Wix Spaces Nadat die toepassing geïnstalleer is, maak dit oop. Tik op Registreer  ( Sign Up ) of Meld aan  ( Log In ). Gebruik jou aanmeld bewyse vanaf die webwerf: As jy ’n Wix-rekening gebruik:  Tik op Meld aan  ( Log In ) en gebruik jou aanmeld bewyse (dieselfde aanmelding as op die webwerf). As jy Google/Facebook/E-pos gebruik het om aan te meld:  Tik op die toepaslike knoppie ( Google , Facebook  of Email ) en meld aan met dieselfde rekening wat jy op die webwerf gebruik het. Maak seker dat jy dieselfde aanmeld metode gebruik as op die webwerf, sodat jou rekening op die webwerf en in die Wix Spaces toepassing ooreenstem. Voer die Uitnodiging Kode in Nadat jy aangemeld het, sal jy gevra word om jou Uitnodiging Kode in te voer. Tik die kode in en druk Sluit aan  ( Join ) of Gaan voort  ( Enter ). Jy behoort nou toegang te hê tot die Klub Monties se privaat Wix Space . Voeg ’n kortpad (ShortCut)  na jou tuis skerm (Home Screen) by (Android of iOS) Vir Android: Maak die Wix Spaces  toepassing oop. Tik op die drie kolletjies  (menu) in die regter boonste hoek. Kies Voeg by tuis skerm  ( Add to Home screen ). Gee ’n naam vir die kortpad en tik op Voeg by  ( Add ). Die Wix Spaces  kortpad sal nou op jou Android tuis skerm verskyn vir maklike toegang. Vir iOS (Apple) : Maak die Wix Spaces  toepassing oop. Tik op die Deel-ikoon  ( Share icon ) (die blokkie met ’n pyl wat opwaarts wys). Rol af en tik op Voeg by tuis skerm  ( Add to Home Screen ). Gee ’n naam vir die kortpad en tik op Voeg by  ( Add ). Die Wix Spaces  kortpad sal nou op jou iPhone se tuis skerm verskyn. Geniet jou toegang! 
 Jy is nou gereed om toegang tot Klub Monties se inhoud te kry en deel te neem binne Wix Spaces, of jy nou die toepassing of die webwerf gebruik.

Mobile App: Klub Monties

Wix Spaces Toepassing Klub Monties Toepassing in Wix Spaces Ontvang die Uitnodiging Kode (Invitation Code) Jy sal ’n Uitnodiging Kode...

Read More
Waarom ons na 'n digitale platform beweeg het Namate die wêreld aanhou ontwikkel, gebeur dieselfde met die manier waarop ons aan mekaar gekoppel bly. Ons Klub Monties gemeenskap is oor verskillende streke versprei, met diverse behoeftes en voorkeure. Om ons almal op 'n naatlose en doeltreffende manier bymekaar te bring, het ons die besluit geneem om na 'n aanlyn digitale platform oor te skakel. Hoewel ons nie die begroting het om mobiele toepassing te ontwikkel nie, het ons Wix Spaces  gekies om 'n ryk, mobiele ervaring vir lede te bied. Hierdie benadering stel ons in staat om 'n gevoel van eenheid te skep, maak nie saak waar jy is nie. Wat ons gebruik Ons verstaan dat elkeen verskillende voorkeure het wanneer dit kom by platforms. Om seker te maak dat die platform toeganklik is, bied ons twee digitale platforms aan: 🔹  Ons Webwerf: Hierdie platform is toeganklik vir enigiemand, van jou rekenaar of mobiele toestel. 🔹  Wix Spaces Mobile App:  Vir diegene wat 'n mobiele ervaring verkies, bied die Wix Spaces  toepassing 'n bekende en gebruikersvriendelike mobiele koppelvlak. Albei platforms is ontwerp om dieselfde ervaring te bied—jou inligting en interaksie ten alle tye beskikbaar. Hoe ons dit laat werk Ons het dalk nie die finansiële hulpbronne om persoonlike oplossings te ontwikkel nie, maar wat ons wel het, is 'n ongelooflike gemeenskap van passievolle en toegewyde alumni. Die sukses van hierdie digitale platform hang van ons almal af!  Dit gaan oor samewerking, geduld, en die verstaan dat dit 'n reis is—een waar elkeen van ons 'n sleutelrol speel. Ons moedig lede aan om mekaar te ondersteun en terugvoer te lewer wat die rigting van ons digitale ervarings sal vorm. Ons is in dit saam, en elke bydrae, of dit nou 'n voorstel of 'n hand wat uitgereik word, bring ons nader aan die doel om 'n effektiewe Klub Monties gemeenskap te bou. Uitdagings wat ons in die gesig staar Natuurlik, soos met enige oorgang, is daar uitdagings. Ons hulpbronne is beperk, en sommige mag dalk voel dat die platforms nie dadelik perfek is nie. Daar mag tegniese probleme wees, of die ervaring mag nie so geslyp wees soos ons sou wou hê nie. Maar, eerder as om dit as struikelblokke te beskou, sien ons dit as geleenthede vir groei. Ons weet dat die pad vorentoe dalk nie heeltemal glad sal wees nie, maar saam kan ons dit oorkom en iets bou wat vir almal werk. Voordele van hierdie digitale skuif Alhoewel daar uitdagings is, is die voordele duidelik: ✅ Verhoogde Toeganklikheid : Lede kan inligting bekom en in enige plek, op enige tyd, in verbinding wees. ✅ Beter Kommunikasie : Bly op hoogte van geleenthede, nuus en inligting met gemak. ✅ Gestroomlynde Interaksie : Of jy nou die webwerf of die mobiele toepassing gebruik, die ervaring is ontwerp om naatloos te wees. ✅ Sterker Gemeenskap : Digitale platforms stel ons in staat om die geografiese afstand te oorbrug en 'n gevoel van behoort te skep. Saam kan ons hierdie oorgang suksesvol maak! Ons vra vir jou voortdurende ondersteuning en positiwiteit om ons te help om 'n sterker, meer gekoppelde alumni-gemeenskap te bou. Kom ons beweeg vorentoe met 'n gees van samewerking en onderlinge respek vir die reis wat ons begin.

Om saam die digitale pad te stap: Ons reis na 'n aanlyn Klub Monties-ervaring

Waarom ons na 'n digitale platform beweeg het Namate die wêreld aanhou ontwikkel, gebeur dieselfde met die manier waarop ons aan mekaar...

Read More
Om by ons gemeenskap op Klub Monties aan te sluit, is vinnig en maklik! Of jy nou op hoogte wil bly van komende gebeure, eksklusiewe Klub Monties  voordele wil ontvang, of met ander lede wil verbind, is aanmelding jou eerste stap. In hierdie gids sal ons jou deur die verskillende maniere lei waarop jy kan registreer en wat elke opsie beteken. Aanmeld Opsies Wanneer jy ons Teken Aan ( Sign-Up Page ) besoek, sal jy verskeie opsies sien om 'n rekening te skep: 
 1. Sign Up with Google 🔹 Hierdie opsie laat jou toe om jou Google  rekening te gebruik om jou profiel te skep. 🔹 Dit is vinnig, veilig, en spaar jou die moeite om nog 'n wagwoord te onthou. 🔹 Klik eenvoudig op Sign up with Google , kies jou Google-rekening, en jy is klaar! 2. Sign Up with Facebook 🔹 As jy verkies om Facebook  te gebruik, kan jy met net 'n paar klikke registreer. 🔹 Dit sal jou Klub Monties rekening aan jou Facebook profiel koppel vir maklike toegang. 🔹 Klik net op Sign up with   Facebook , keur die verbinding goed, en jy is gereed! 3. Sign Up with Email 🔹 As jy nie Google  of Facebook  wil gebruik nie, kan jy 'n rekening skep deur jou e- posadres te gebruik. 🔹 Jy moet jou naam, e-posadres, en 'n wagwoord invoer. 🔹 Nadat jy dit ingedien het, sal jy 'n bevestiging e-pos ontvang – klik op die skakel om jou rekening te verifieer. Publieke Profiel Instellings Wanneer jy aanmeld, sal jou profiel outomaties op publiek gestel word. Dit beteken ander lede kan jou naam en profiel besonderhede sien. Jy het egter volle beheer oor jou privaatheid-instellings. As jy dit wil aanpas: 🔹Gaan na Profile Settings 🔹Soek vir Privacy Options 🔹Kies of jy jou profiel privaat of slegs sigbaar vir spesifieke lede wil maak Reeds 'n lid? As jy voorheen reeds geregistreer het, hoef jy nie 'n nuwe rekening te skep nie. Klik net op Log In  en voer jou aanmeld bewyse in om toegang tot jou rekening te kry. ✅ Kry toegang tot Klub Monties geleenthede en aankondigings ✅ Ontvang eksklusiewe lid-voordele ✅ Verbind met ander lede op Klub Monties ✅ Bly ingelig oor netwerk geleenthede Sluit vandag by ons aan en word deel van ons groeiende Klub Monties gemeenskap! As jy enige vrae het, kontak ons gerus by info@klubmonties.org .

Hoe om aan te meld as 'n lid op ons webwerf

Om by ons gemeenskap op Klub Monties aan te sluit, is vinnig en maklik! Of jy nou op hoogte wil bly van komende gebeure, eksklusiewe Klub...

Read More
Die wêreld beweeg vinnig na digitale oplossings, en ons identifikasie- en kaartjie verkoop sisteme moet ook moderniseer. Hierdie dokument verduidelik hoe ons van papier-gebaseerde lidmaatskap kaarte en kontantbetalings vir kaartjies oorgaan na ‘n digitale platform waar lede en besoekers maklik kaartjies kan koop en toegang kry deur hul slim foon met ‘n aanlyn profiel te koppel. n 'n tydperk waar digitale innovasie die norm is, is ons huidige papier-gebaseerde stelsel nie net tydrowend nie, maar hou dit ook ernstige risiko's in. Die afhanklikheid van fisiese kaartjies en kontantbetalings lei tot verhoogde administratiewe werklading en 'n beperkte bereik onder lede, wat ons geleenthede vir groei beperk. Dit is van kardinale belang om hierdie hindernisse te oorkom en 'n naatlose, digitale stelsel te implementeer. Die koste van nie-implementering sluit in: Verhoogde Administratiewe Laai: Die hantering van fisiese kaarte en kontant vereis waardevolle tyd en hulpbronne, wat ons effektiwiteit benadeel. 
 Beperkte Bereik:  Met fisiese kaartjie verkope kan ons nie die volle potensiaal van ons lidmaatskap benut nie, wat die geleenthede vir betrokkenheid en uitbreiding beperk. 
 Risiko van Kontanttransaksies:  Die hantering van kontant by hekke skep nie net veiligheidsrisiko's nie, maar verhoog ook die kans op menslike foute, bedrog en verlies. 
 Verlies van inkomste:  Deur nie 'n digitale stelsel aan te neem nie, mis ons die geleenthede om dinamiese aanbiedinge en promosies aan lede te bied, wat 'n direkte impak op ons inkomste kan hê. Die Verskil tussen Fisiese Lidmaatskap en ‘n Digitale Kaartjie Stelsel Ou Stelsel (Fisiese Kaart en Kontant betalings) 🔹 Lede kry ‘n fisiese kaart wat hulle by die hek moet wys vir toegang. 🔹 Kaartjies vir geleenthede word met kontant gekoop en fisies uitgereik. 🔹 Verskillende vlakke van toegang (soos VIP vs algemene toegang) moet apart aangedui  word met verskillende kaartjies. ⚠️ Kontantbetalings by die hekke is ‘n veiligheidsrisiko en moeilik om te administreer. Nuwe Stelsel (Digitale Identiteit en Aanlyn Kaartjies) 🔹 Lede skep ‘n profiel op ‘n webwerf of mobiele toepassing. 🔹 Kaartjies word digitaal gekoop en aan die persoon se profiel gekoppel. 🔹 Lede met verskillende lidmaatskap vlakke kry outomaties toepaslike afslag of spesiale toegang. 🔹 Geen fisiese kaart nodig nie – net ‘n slim foon of QR-kode om toegang te verkry. Hoe Werk Dit? ➡️Skep ‘n Profiel: Gebruikers registreer aanlyn en kry ‘n digitale identiteit. ➡️Koop ‘n Kaartjie: Besoekers of lede kies hul kaartjie op die webwerf of app. Betaal aanlyn met ‘n kredietkaart, EFT of ander digitale betaal metodes. ➡️Verkry Toegang: Op die dag van die geleentheid word toegang verleen deur ‘n QR-kode of digitale kaartjie. Geen fisiese kaart of kontantbetaling by die hek nodig nie.  Voordele van ‘n Digitale Kaartjie Verkoop Sisteem ✅ Maklik en Gerieflik:  Lede en besoekers kan kaartjies enige tyd en oral koop. ✅ Beter Beplanning:  Organiseerders weet vooraf hoeveel mense kom en kan beter voorberei. ✅ Verbeterde Sekuriteit:  Geen kontant nodig by die hekke nie, wat die risiko van roof en bedrog verminder. ✅ Verskillende Lidmaatskap Vlakke:  Outomatiese afslag of spesiale aanbiedinge vir betaalde lede. ✅ Maklike Opgradering:  VIP of spesiale toegangskaartjies kan direk op die stelsel gekoop word sonder om nuwe kaartjies te druk.  Wat van Mense wat Nie Digitale Kaartjies Kan Koop Nie? Ons verstaan dat sommige mense nog kontant by die hek wil betaal. Hierdie opsie sal beskikbaar wees, maar ons moedig mense aan om vooraf hul kaartjies aanlyn te koop. Oor tyd sal die kontant opsie uitgefaseer word soos mense aanpas na die nuwe stelsel. Samevatting Die oorgang na 'n digitale stelsel is nie net 'n modernisering nie, maar 'n noodsaaklike stap om ons klub se volhoubaarheid te verseker. Deur die implementering van 'n digitale kaartjie verkoop sisteem, sal ons nie net administratiewe nie, maar ook finansiële en sekuriteits voordele geniet. Die tyd om te verander is nou. Laat ons saam vorentoe beweeg na 'n helderder, digitale toekoms.

Van Fisiese Kaartstelsels na Digitale Identiteit en Aanlyn Kaartjieverkope

Die wêreld beweeg vinnig na digitale oplossings, en ons identifikasie- en kaartjieverkoopsisteme moet ook moderniseer. Hierdie dokument...

Read More
Montana Franchise Die Tshwane Super liga (TSL) is 'n krieket toernooi gebaseer in Tshwane, wat daarop gemik is om jong plaaslike krieket spelers gedurende die wintermaande van die seisoen af mededingende geleenthede te bied. Die liga sluit ouderdomskategorieë in soos Onder-13, Onder-15 en Onder-19, en poog om die gaping te oorbrug vir junior spelers wat moontlik nie genoeg speel geleenthede gedurende hierdie tydperk het nie. tshwanesuperleague.co.za Die TSL funksioneer met 'n franchise-stelsel, bestaande uit agt spanne wat spelers deur 'n veiling proses kies. Die mees onlangse speler veiling het op 13 Januarie 2025 by Hoërskool Montana plaasgevind. Die o/15-uitgawe van die toernooi vind op die volgende datums plaas:1, 4, 11, 18 & 25 Mei, met 2 ekstra dag-nag wedstryde per span.Finale op 1 Junie. Die o/19-uitgawe van die toernooi vind op die volgende datums plaas: 2, 9, 16 en 23 Maart en 13 April. 2 ekstra dag-nag wedstryde per span en die finale op 27 April.

Tshwane Super League (TSL)

Montana Franchise Die Tshwane Super liga (TSL) is 'n krieket toernooi gebaseer in Tshwane, wat daarop gemik is om jong plaaslike krieket...

Read More
bottom of page